Leesplan inligting

Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld

Liefde sonder vooroordeel

DAG 16 VAN 27

Lees: Jona 3:4-6

SOAP: 2 Petrus 3:9

Ek stel myself voor hoe Jona met groot oë toegekyk het hoe die mense van Ninevé op God se boodskap reageer. Die mense van Ninevé het gevas en getreur asof iemand gesterf het. Hulle het na God gekom met passie en erns oor hulle sonde en hul behoefte aan sy genade en vergifnis.

Ek moet bely dat ek al ‘n probleem gehad het met God se tydsberekening. Ek bid al 16 jaar lank vir die redding van my familie, maar nie een van hulle het Jesus al as Verlosser aangeneem nie. My pa is 'n jaar en 'n half gelede oorlede en hoewel ek weet dat hy die Evangelie gehoor het, het ek nie ‘n idee of hy gered was nie. Hy was die liefste mens op aarde en vir 'n tyd lank, wanneer ek ander mense tot redding sien kom wat nie naastenby so vriendelik soos hy was nie, het my hart in my skoene gesak.

Dit het ook met Jona gebeur. Hy het nie gedink die Nineviete verdien die geleentheid om hulle te bekeer nie. Maar ons word geroep om Jesus met almal te deel. Ons vergeet dat dit ons werk is om die Evangelie met ander te deel (Matteus 28:19) en dat dit die Heilige Gees se werk is om die wêreld van sonde te oortuig (Johannes 16:8). Ek het – net soos Jona – vergeet dat my pa en die ergste moordenaar in hierdie wêreld Jesus ewe veel nodig het, en dat God net sondaars sien wat verlossing nodig het, maak nie saak hoe goed of sleg hulle volgens menslike standaarde is nie.

Sukkel jy om die Evangelie met sekere mense te deel? Dink jy dat daar mense is wat verlossing meer "verdien" as ander? Liewe vriendin, ons is almal sondaars en ons almal het Jesus nodig. Dank God dat Hy nie wil hê dat enigiemand verlore gaan nie!

Here, help my om te onthou dat verlossing van U kom en dat dit my verantwoordelikheid is om met ander oor U te praat, om die gawe van die Ewige Lewe wat U aan almal bied, te deel. Amen.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Liefde sonder vooroordeel

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genad...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid