Leesplan inligting

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du ToitVoorbeeld

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

DAG 1 VAN 5

Staan Sterk in Jou Siel


Jou siel bestaan uit jou gedagtes, jou wil, jou emosies en jou gewete. Dit is die plek waar jou karakter gevorm word en jou geheuebank gestoor word. Dit is die setel van jou emosies en gevoelens. Jou persoonlikheid weerspieël die toestand van jou siel.


Jou siel leef van die oomblik wat jy verwek word, en daarom het elke ervaring sedert jou geboorte tot vandag ’n impak op jou en het dit ’n merk op jou siel gemaak. Jy is vandag die somtotaal van jou ervarings, jou gedagtes en jou dade van gister.


Die goeie nuus is: Wat jy ook al in jou siel ervaar het, wat jou gewete ook al mag teister, of wat ook al verhinder dat jy sterk staan, jy kan dit vandag verander! Jou siel was manjifiek geskape om in vryheid, vreugde, vrugbaarheid en oorvloed te leef (sien Johannes 10:10). Jou siel se bestemming lê in die keuses wat jy elke oomblik maak. 


Jy besluit of jou siel deur afbrekende gedagtes, skuldgevoel, woede en depressiewe dade ingeperk gaan word. Die wonderlike alternatief is dat jy kan kies om die vergifnis te ontvang wat Jesus gekom het om aan jou te gee; om sy vryheid in jou gedagtes, jou wil en jou emosies te ken, en met ’n gewete te leef wat jou nie veroordeel nie. Een keuse kan jou siel herskep.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

Hierdie 5-daglees-plan vir ’n doelgerigte lewe sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe talente te ontwikkel, om helder te skyn in ’n donker wêreld en om elke dag te groei in hul verhouding met God. Elke dag bevat gedagtes ...

More

Baie dankie aan Struik Christian Media en Angelique du Toit dat hulle hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting oor die boek “Staan sterk in ’n wankelende wêreld”, besoek https://www.cumbooks.co.za/staan-sterk-in-n-wankelende-wereld-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid