Leesplan inligting

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese PersoonVoorbeeld

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

DAG 3 VAN 7

Wanneer jy `n boek lees, begin jy gewoonlik op bladsy een. Wanneer jy egter die Bybel lees, is bladsy een `n moeilike plek om te begin. Die mense, die gebeure, en selfs die God wat in die Ou Testament beskryf word, is moeilik om mens mee te vereenselwig.

Tog, om ten volle te verstaan waarom Jesus geleef het en waarom Hy moes sterf, is dit die moeite werd om terug te tree tot by die heel begin. Die rede hiervoor is omdat die Bybel in geheel — al daardie komplekse Ou-Testamentiese narratiewe ingesluit — die enkele storie vertel van hoe God probeer het om sondaars terug te wen vanaf die oomblik wat hulle die eerste keer gesondig het.

Die drie groot geloofstradisies (Judaïsme, Christendom en Islam) het `n goeie maat oorvleueling in hoe hulle die oorsprong van die mensdom se verhouding tot God beskou. Al drie stem saam dat God ons na sy beeld geskep het en vir ons die vrye wil gegee het om ja of nee te sê vir ons Skepper. Hulle stem al drie verder saam dat vroeg in die geskiedenis van die mensdom, het iemand reeds nee gesê. Toe dit gebeur het, het sonde die wêreld binnegekom, en niks was meer so goed soos wat dit bedoel was om te wees nie.

Die bekendstelling van sonde in die menslike leefwêreld, het God geforseer om `n keuse te maak: vernietig die sonde-geïnfekteerde wêreld en begin oor, of rol sy moue op en spring aan die werk om dit reg te stel. Nogeens stem Judaïsme, die Christendom en Islam saam dat God besluit het om toe te tree tot die gemors wat die mens gemaak het. Hy het met die opruimingsproses begin deur drie beloftes te maak aan `n man genaamd Abraham.

Abraham was nie `n perfekte man nie. Genesis vertel dat hy gelieg en verneuk het. Maar Abraham se sonde het God nie verhinder om hom te gebruik nie. (Joune doen ook nie.) God het nie vir Abraham gevra vir perfekte gedrag nie. Hy het Abraham gevra om Hom te vertrou. En Abraham het. Hy het geglo dat wat God belowe het, Hy sou doen.

Sy geloof het die tafel gedek vir een van die belangrikste stellings wat in die Skrif te vind is: “En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.” Abraham was dieselfde regte en voorregte gegun wat `n perfekte mens deur perfekte gedrag kon verdien. Hy het net nie nodig gehad om dit te verdien nie. Hy kon nie — hy was alreeds `n sondaar, net soos ons. Abraham het geregtigheid met God ontvang op grond van sy geloof.

Soos wat ons vandag in Paulus se brief aan die Romeine gelees het, is die onvoorwaardelike aanvaarding wat God vir Abraham gewys het, steeds beskikbaar vir almal van ons. Die enigste vereiste? `n Enkele uitdrukking van geloof.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.startingpoint.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid