Leesplan inligting

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese PersoonVoorbeeld

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

DAG 2 VAN 7

Gister het ons gesien dat die beginpunt van geloof, vir die vroegste Christene, die opstanding van Jesus uit die dood was.  So dit is waar ons ook moet begin, korrek?


Wel, daar is een stukkie detail wat ons eers moet uitsorteer.  Ons moet verstaan waarom Jesus in die eerste plek as dood opgeëindig het.  Glo dit of nie, die rede het iets met jou te doen.  Iets spesifiek, wat jy verkieslik nie sal wil aanvaar oor jouself nie, iets wat jy liewers nie sal wil erken nie . . . Ek is `n sondaar.


Sonde is `n ongemaklike woord.  Dit is so ongemaklik dat ons dit tot `n groot mate verban het.  Ouers, base, regters . . . niemand gebruik die term “sonde” om te praat oor slegte gedrag nie. In stede daarvan, sê ons dat ons minder-as-prefekte optrede, net foute is.


Maar hier is waarom dit belangrik was vir Jesus dat mans en vrouens hul status as sondaars moes konfronteer en omarm, en waarom ons beginpunt vir geloof van ons vereis om dieselfde te doen: foutbeganers vra nie vir vergifnis nie. Foutbeganers benodig nie vergifnis nie.  Foutbeganers benodig net geleenthede om volgende keer beter te vaar.  Sondaars benodig vergifnis.


Jesus het geleer dat sonde ons skei van God, maar dat God se gewilligheid om ons te vergewe ons herverbind.  Die lys van dinge wat Jesus sonde genoem het, was so alles-insuitend dat niemand (jy inkluis) dit kan vryspring nie.  Maar toe het Jesus omgedraai en daarop aangedring dat God op `n eindelose strewe was om sy verhouding met sondaars te herstel.  Hierdie skynbare teenstelling som Jesus se boodskap en bediening op.  Hy het nie sonde gekondoneer nie.  Hy het ook nie sondaars veroordeel nie. 


In stede daarvan om aan te dring dat sondaars kry wat die wet gesê het hulle toekom, het Jesus die einste ding wat sondaars die minste verdien, na hulle toe uitgehou: vergifnis.  Môre sal ons `n paar duisend jaar in die storie teruggaan om te sien waarom hierdie offer van vergifnis uiteindelik vir Jesus aan `n kruis laat beland het.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.startingpoint.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid