Leesplan inligting

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 1 VAN 41

Lees: Jeremia 29:11, Openbaring 1:17-18, Romeine 8:28


SOAP: Jeremia 29:11


Vrees, angs, paniek. Hierdie emosies is soos dié van 'n kat wat verbete aan die stam van 'n denneboom vasklou, te lam van angs om vorentoe te beweeg na die veiligheid van ‘n tak of om af te klouter grond toe. In hierdie oomblikke van vrees voel ons dikwels vasgekeer. Dikwels verblind ons angs oor wat voorlê ons om nie die geleenthede raak te sien wat God vir ons skep nie.


Dit was die geval met die volk Israel. Hulle het nederlae gely en is uit hulle land verwyder. Hul toekoms was onseker. Maar, deur die woorde van die profeet Jeremia, beloof God die volk 'n toekoms wat baie beter is as hulle huidige omstandighede. ‘n Toekoms wat herstelde vertroue in God insluit.


In Jeremia 29:11 word ons opgeroep om te vertrou op God se voorkennis en sy goedheid. Hy het reeds ons lewensverhale geskryf. Ons moet altyd onthou dat Hy die begin en voleinder van ons geloof is.


Op watter gebied van jou lewe ervaar jy tans vrees of angs oor die toekoms? Onthou, Jesus het gesterf sodat ons die lewe kan hê en dit in oorvloed. Wanneer ons worstel met kommer oor ons toekoms, help dit om te onthou dat ons 'n liefdevolle God dien wat net die beste vir ons wil hê. Op watter eienskappe van God moet jy vandag staatmaak terwyl jy op Hom vertrou vir jou toekoms?


Hemelse Vader, dankie dat U my in u Woord verseker dat U reeds die planne wat U vir my lewe het, ken. Help my om daagliks my vertroue in U te stel deur te vertrou op wie U is. Vergewe my vir die tye wat ek u goedheid en u getrouheid betwyfel het. Dankie dat U my liefhet ten spyte van my vrees. Hou asseblief aan om u doel vir my lewe in u eie tyd aan my te openbaar. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk o...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid