bible icon

Wend die Bybeltoep aan tot voordeel van jou eredienste.

Dit het alles wat jou kerk nodig het om betrokke te raak by jou boodskap, en om dit met ander te deel. Gratis, papierloos, en reeds geïnstalleer op miljoene toestelle.

move down

Help jou gemeenskap om meer uit jou boodskappe te kry.

Bywoners kan volg, verdiep raak in die Skrif, notas neem en selfs hulle persoonlike afskrif stoor vir toekomstige verwysing.

move down

Jou inhoud op hul slimfoon.

Boodskapopsommings, aankondigings, skakels vir internetbetalings... wat jy ookal moet kommunikeer met jou kerk, deel dit alles - 100% gratis.

move down

Lei jou mense dieper in die Bybel in.

Beveel Leesplanne en Oordenkings aan wat jou gemeenskap die hele week lank die Skrif sal laat lees.

move down

Kragtig hoef nie ingewikkeld te wees nie.

Skep maklik Gebeurtenisse van enige web-gekoppelde Mac of PC. Sleep-en-los elkeen van jou Gebeurtenisse op sy plek, herrangskik, redigeer en verbeter soos jy aangaan.

Al die boublokke wat jy nodig het... om die presiese Gebeurtenisse te skep soos jy wil.

Veranderbare modules spaar tyd en moeite. Kombineer elemente om Gebeurtenisse van nuuts af te skep. Of gebruik jou bestaande Gebeurtenisse en verander dit soos nodig. Jy kan selfs bestaande Gebeurtenisse kopieer en verander om heeltemal verskillende soorte byeenkomste te lys. Met Voorskou kan jy deurentyd die inhoud van jou Gebeurtenisse sien presies soos jou deelnemers dit sal sien.

Text Module Teks Module

Oorsig, sleutelpunte, besprekingsvrae... Deel enige teksinhoud wat jou deelnemers sal help om jou boodskap te volg soos dit plaasvind.

Bible References Bybelverwysings

Vertoon gedeeltes waar of wanneer jou boodskap daarna verwys, gekoppel aan enige van die Bybeltoep se 1200+ weergawes, in 900+ tale — geen kopieer-en-plak benodig nie.

Reading Plans Module Leesplanne Module

Koppel jou hoofgedagtes aan Bybelplanne en Oordenkings. Sodoende help jy jou gehoor om voortdurend, deur die week, God se Woord te bestudeer.

External Links Webskakels Module

Plaas jou gehoor net een klik weg van internetbetalings, vrywilliger diens of kerk tuisblaaie. Skep 'n skakel na 'n eksterne webwerf vanuit jou Gebeurtenisse.

Image Module Beeld Module

Kikker jou Gebeurtenisse op met ondersteunende grafika: kunswerke, foto's, Versbeelde, ens. Deelnemers sal jou Gebeurtenisse maklik kan deel op hulle sosiale media en jou boodskap sodoende versprei.

Announcement Module Aankondigingsmodule

Versprei al jou belangrike inligting maklik en tydig: kerknuus, kalender, programme, klasse, vrywilligers- en bedieningsgeleenthede, en nog baie meer.

Multiple Locations Plekke & Tye

Laat mense weet waar en wanneer jou Gebeurtenisse plaasvind — selfs vir Gebeurtenisse wat op verskeie tye en plekke plaasvind.

Duplicate Events Dupliseer Gebeurtenisse

Spaar tyd en moeite. Skep vinnig nuwe Gebeurtenisse deur bestaandes te kopieer en inligting op te dateer.

Cost Savings Kostebesparings

Spaar geld op drukwerk en gebruik minder papier... selfs as jy uitreik na mense op 'n platform met meer as 200 miljoen installerings.

piggy-bank-image
Die meeste kerke spandeer R 100 000 per jaar
op drukwerk. Gebeurtenisse help jou
om daardie koste te sny of selfs uit te skakel.

Getuienisse

Bill White

"Ons was opgewonde om YouVersion in ons bediening te implementeer, veral die Gebeurtenisse afdeling, waar ons elke week se preeknotas en kommentare plaas. Ons mense hou daarvan om die aantekeninge byderhand te hê, om dit te deel en om dit te stoor. Deur gedrukte programme te vervang is duisende rande vir ander bedienings beskikbaar!"

Pastor Bill White
Christ Journey Church

Herbert

"YouVersion Gebeurtenisse is 'n waardevolle hulpbron vir ons gemeente. Die vermoë van ons mense om die erediens met preeknotas en skrifgedeeltes te volg, skep kragtige betrokkenheid en het 'n groot impak."

Pastor Herbert Cooper
People’s Church

Cindy Beall

"Ons gebruik Gebeurtenisse vir al ons byeenkomste, sodat ons gemeentelede die notas en skrifgedeeltes van die sprekers reg voor hulle kan hê. Gebeurtenisse het ons die druk van duisende bladsye gespaar! Die opstel van 'n Gebeurtenis is ongelooflik maklik, en dit word altyd gepubliseer op die presiese tyd wanneer ons dit nodig het."

Cindy Beall
Leading and Loving It
Director of Equip

bible icon

Gebeurtenisse is splinternuut, heeltemal gratis, en slegs in die Bybeltoep.

'n Revolusie in Bybelbetrokkenheid vind in ons leeftyd plaas. Op hierdie webblad is daar sover meer as 220 miljoen unieke toestelle geïnstalleer (en vind nou plaas). Die Bybel Toep help mense in elke land op aarde om God se Woord te bestudeer. En nou, d.m.v. Gebeurtenisse, kan ons dit aan jou bied.

Begin sommer nou.

Kry jou eerste Gebeurtenis gereed en deel dit binne tien minute in die Bybeltoep. Al wat jy nodig het, is 'n Mac of PC en 'n gratis YouVersion rekening.

Skep 'n Gebeurtenis