TITUS 2:5
TITUS 2:5 Bybel vir almal (ABA)
Die jonger vroue moet weet hoe om reg te lewe en hulle moet heeltemal reg lewe. Hulle moet goed sorg vir hulle huisgesinne en hulle moet gehoorsaam wees aan hulle mans. Dan sal ander mense nie sleg kan praat oor die boodskap van God nie.
TITUS 2:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.
TITUS 2:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.
TITUS 2:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
verstandig, kuis, toegewy aan hulle huishoudings, goedaardig, onderdanig aan hulle mans, sodat die woord van God nie belaster word nie.
TITUS 2:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Om verstandig te wees, kuis, huisbewaarder, goed, gehoorsaam aan hul eie mans, sodat die woord van God nie gelaster word nie.
TITUS 2:5 Die Boodskap (DB)
Verder moet hulle ook vir hulle leer om met wysheid op te tree en om hulle nie aan buitehuwelikse verhoudings skuldig te maak nie. Hulle moet ook vir jonger vroue sê om goed na hul gesinne se behoeftes om te sien en om in liefde op te kyk na hul mans. Dan sal God se Woord nie bespotlik gemaak word nie.