PSALMS 91:3-10
PSALMS 91:3-10 Bybel vir almal (ABA)
Ja, die Here sal jou red van die vangnet waarin iemand jou wil vang, Hy sal jou red van die pes wat alles verwoes. Die Here sal jou beskerm soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke beskerm, Hy bly dieselfde, Hy sal vir jou wees soos 'n skild, soos 'n sterk muur om 'n stad. Jy moenie bang wees vir die dinge wat jou in die nag laat skrik nie, of vir die pyle wat mense in die dag na jou toe skiet nie. Jy moenie bang wees vir die pes wat in die donker kom nie, of vir die dinge wat in die dag alles verwoes nie. Wanneer 1 000 mense langs jou sterf, of 10 000, dan sal daar niks wat sleg is, met jou gebeur nie. Jy sal dit self sien, jy sal kyk hoe die Here die mense straf wat verkeerd doen. Jy het vir die Here gevra om jou te beskerm, jy glo dat jy veilig sal wees by die Hoogste God, daarom sal daar niks wat sleg is, met jou gebeur nie, en daar sal nooit siekte naby jou tent kom nie.
PSALMS 91:3-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie
PSALMS 91:3-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte. Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou 'n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie. Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie. Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word. Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
PSALMS 91:3-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, Hy is die Een wat jou red uit die net van die voëlvanger, van die dodelike pessiekte. Met sy vlerke sal Hy jou bedek, onder sy vleuels sal jy skuiling vind. 'n Skild en 'n skans is sy trou. Jy sal nie bang wees vir die verskrikking van die nag, vir 'n pyl wat oordag vlieg nie, vir 'n pessiekte wat in die donker rondloop, vir die epidemie wat helder oordag verwoes nie. Daar kan duisend langs jou val, en tienduisend aan jou regterkant, naby jou sal dit nie kom nie. Jy sal maar net toekyk – die vergelding van goddeloses sal jy sien. Ja, U, HERE, is my skuilplek. Die Allerhoogste het jy jou woning gemaak: Onheil sal jou nie oorval nie en 'n plaag sal nie naby jou tent kom nie
PSALMS 91:3-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarlik, Hy sal jou red uit die vangnet van die voëlvanger en van die bruisende pes. Hy sal jou bedek met sy vere, en onder sy vlerke sal jy vertrou; sy waarheid is jou skild en skild. Jy moet nie bang wees vir die skrik in die nag nie; ook nie vir die pyl wat bedags vlieg nie; ook nie vir die pes wat in duisternis wandel nie; ook nie vir die verwoesting wat op die middag verwoes nie. Duisend sal aan jou sy val en tienduisend aan jou regterhand; maar dit sal nie naby jou kom nie. Net met jou oë sal jy die loon van die goddelose aanskou en sien. Omdat jy die HERE, wat my toevlug is, die Allerhoogste, jou woning gemaak het; Geen onheil sal jou tref nie, en geen plaag sal naby jou woning kom nie.
PSALMS 91:3-10 Die Boodskap (DB)
Dis die Here wat jou uit die moeilikheid kom haal as iemand jou met skelmstreke om die bos gelei het. Hy bly getrou aan jou. Hy sal jou verlos van enige gevaar wat jou lewe bedreig. Hy sal jou veilig oppas. Daarom kan jy by Hom gaan wegkruip. Met sy groot liefde keer Hy die gevaar af. Jy hoef nie bang te wees dat enige mag jou bedags of snags sal oorrompel nie. Geen bose gees sal jou onverwags in besit neem nie. Nie eens ’n gevaarlike siekte wat jou van agter af bekruip, of ’n epidemie wat jou oorval, sal jou kwaad kan aandoen nie. Al is die gevaar rondom jou so groot dat duisende mense langs jou doodgaan, ja, ook al sterf derduisende mense naby jou, sal jy niks oorkom nie. Jy sal staan en kyk hoe mense wat nie op die Here vertrou nie, platgetrap word. Dit is goed dat jy by die allerhoogste God gaan wegkruip. Ongelukke, rampe en ernstige siektes sal jou of jou huis nie tref nie. Hy self sal jou bewaar.
PSALMS 91:3-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Verseker sal Hy jou red uit die strik van die voëlvanger, en van die plaag wat vernietig. Hy sal jou oordek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou sal jou beskerm soos ’n skild. Jy sal nie bang wees vir die skrik van die nag, of die pyle van die dag; vir die plaag wat in die donker kom, of die ramp wat teen die middag verwoes nie. Al sou duisend langs jou val, of tienduisend om jou sterf, naby jou sal dit nie kom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou, en die straf van die goddelose sien. As die HERE jou toevlug is, as die Allerhoogste jou skuilplek is, sal geen kwaad jou tref, en geen ramp naby jou tent kom nie.