PSALMS 52:8-9
PSALMS 52:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Die mense wat reg lewe, sal dit sien en hulle sal bang word. Dan sal hulle vir hom lag en sê: “Dit is die man wat nie wou hê dat God hom moet beskerm nie, die man wat gedink het al sy baie goed sal hom help.”
PSALMS 52:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê: Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!
PSALMS 52:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
As die regverdiges dit sien, sal hulle met ontsag vervul word en smalend van jou sê: “Dis nou die man wat nie op God se krag wou steun nie, maar op sy eie rykdom vertrou het en hom sterk wou maak deur inhaligheid.”
PSALMS 52:8-9 Die Boodskap (DB)
Die mense wat doen wat God vra, sal dit sien en vol ontsag vir God wees. Hulle sal lekker vir jou lag en spottend sê: “Kyk wat gebeur met iemand wat sonder God wil leef. Hy het gedink geld kan vir hom alles koop. Hy het sterk geword deur ander te vernietig.”