PSALMS 146:6
Psalms 146:6 Die Boodskap (DB)
Onthou, die Here het al die mag in die wêreld. Hy het alles gemaak: die hemel, die aarde, die see, ja, alles wat leef en beweeg. Hy sal nooit dit wat Hy gemaak het, in die steek laat nie. Hy bly altyd getrou.
Psalms 146:6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is. Die Here bly altyd dieselfde.
PSALMS 146:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid