SPREUKE 31:10 - Compare All Versions

SPREUKE 31:10 ABA (Bybel vir almal)

Wanneer iemand 'n goeie vrou kry, dan het hy 'n vrou wat meer kosbaar is as koraal.

SPREUKE 31:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.

SPREUKE 31:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.

SPREUKE 31:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

'n Knap vrou, wie sal haar vind? Ver bo korale is haar waarde.

SPREUKE 31:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wie kan 'n deugsame vrou vind? want haar prys is ver bo robyne.

SPREUKE 31:10 DB (Die Boodskap)

Wie ’n goeie vrou het, het iemand wat baie kosbaar is. Sy is baie meer werd as die duurste juwele.

SPREUKE 31:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Waar sal jy ’n knap vrou kry? ’n Goeie vrou is meer werd as edelstene.