MARKUS 1:44
MARKUS 1:43-44 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ernstig met die man gepraat en vir hom gesê: “Jy mag vir niemand hiervan vertel nie. Gaan wys vir die priester jy is gesond, en doen dan wat Moses in die wette geskryf het. Bring die offers omdat jy rein geword het. Dan sal die priesters weet jy is rein.” Daarna het Jesus die man weggestuur.
MARKUS 1:44 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot 'n getuienis vir hulle.
MARKUS 1:44 Afrikaans 1983 (AFR83)
en vir hom gesê het: “Moet vir niemand iets hiervan vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offers vir jou reiniging wat Moses voorgeskrywe het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.”
MARKUS 1:44 Die Boodskap (DB)
“Moet asseblief nie by mense spog oor wat hier gebeur het nie. Gaan reguit na die priester toe en wys vir hom jy is gesond. As hy tevrede is dat jy gesond is, gaan offer wat Moses se wet voorskryf vir mense wat gesond geword het. Almal sal dan weet dat jy gesond is.”