MALEAGI 3:7
MALEAGI 3:7 Bybel vir almal (ABA)
Van die tyd toe julle voorvaders gelewe het, was julle nie gehoorsaam nie, julle het nie gedoen wat Ek vir julle gesê het nie.” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Kom terug na My toe, dan sal Ek terugkom na julle toe. Maar julle vra: ‘Hoe moet ons terugkom?’ ”
MALEAGI 3:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?
MALEAGI 3:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van julle voorvaders se tyd af het julle van my voorskrifte afgewyk en nie daarvolgens geleef nie. Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe, sê die Here die Almagtige. Maar julle vra: “Waarom moet ons ons bekeer?”
MALEAGI 3:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sedert die tyd van julle voorouers wyk julle van my voorskrifte af en kom dit nie na nie. Keer terug na My, dan sal Ek na julle terugkeer,” sê die HERE, Heerser oor alle magte. “Maar julle vra, ‘Hoe moet ons terugkeer?’
MALEAGI 3:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Selfs van die dae van julle vaders af het julle van my verordeninge af weggegaan en dit nie onderhou nie. Keer terug na My toe, en Ek sal na julle terugkeer, spreek die HERE van die leërskare. Maar julle het gesê: Waarin sal ons terugkeer?
MALEAGI 3:7 Die Boodskap (DB)
Julle is net soos julle voorouers. Hulle het ook die rug vir My gedraai en nie gedoen wat Ek van hulle gevra het nie. Wil julle nie omdraai en weer terugkom na My toe nie? Ek wil graag weer my hande na julle toe uitsteek en julle terugvat. Maar nou vra julle: “Hoekom moet ons terugkom as ons nog nooit weg was nie?”