LUKAS 14:26
LUKAS 14:26 Bybel vir almal (ABA)
“As iemand na My toe kom en hy is minder lief vir My as vir sy pa en ma en vrou en kinders en broers en susters en vir homself, dan kan hy nie my dissipel wees nie.
LUKAS 14:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
LUKAS 14:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe.
LUKAS 14:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ As iemand na My kom en My nie liefhet bo sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
LUKAS 14:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As iemand na my toe kom en sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, ook sy eie lewe, nie haat nie, kan hy nie my dissipel wees nie.
LUKAS 14:26 Die Boodskap (DB)
Op ’n dag het Hy vir hulle almal gesê: “Dink julle regtig dat dit so maklik is om een van my volgelinge te wees? Wel, kom Ek sê reguit vir julle, as jy meer omgee vir jou ouers of vir jou vrou of jou kinders of vir enigiemand anders, moet jy nie eens probeer om agter My aan te kom nie.