KLAAGLIEDERE 3:24-25 - Compare All Versions

KLAAGLIEDERE 3:24-25 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra

KLAAGLIEDERE 3:24-25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop. Tet. Goed is die HERE vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.

KLAAGLIEDERE 3:24-25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die HERE. Daarom vertrou ek op Hom.” Die HERE is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek.

KLAAGLIEDERE 3:24-25 DB (Die Boodskap)

Ek sê vir myself: “Ek vertrou die Here, want Hy gee vir my lewe.” Die Here is baie goed vir elkeen wat wil doen wat Hy vra en elkeen wat op Hom hoop.

KLAAGLIEDERE 3:24-25 ABA (Bybel vir almal)

Ek sê: Die Here is alles wat ek het, daarom sal ek aanhou hoop. Die Here is goed vir mense wat glo dat Hy hulle sal help, vir mense wat naby Hom wil wees.

KLAAGLIEDERE 3:24-25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

My erfdeel is die HERE, sê ek; daarom hoop ek op Hom. Goed is die HERE vir hulle wat op Hom wag, vir die mens wat na Hom soek.

KLAAGLIEDERE 3:24-25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die HERE is my deel, spreek my siel; daarom sal ek op hom hoop. God is die HERE vir die wat Hom verwag, vir die siel wat Hom soek.