JOHANNES 1:25
JOHANNES 1:25 Bybel vir almal (ABA)
Die Fariseërs het vir Johannes gesê: “Jy sê jy is nie die Christus of Elia of die profeet nie. Hoekom doop jy die mense?”
JOHANNES 1:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?
JOHANNES 1:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
en hulle het vir hom gevra: “Nou maar waarom doop jy dan as jy nie die Christus is nie en ook nie Elia nie en ook nie die Profeet nie?”
JOHANNES 1:25 Die Boodskap (DB)
Hierop het hulle Johannes onder kruisverhoor geneem. “Jy sê jy is nie die Messias nie. Jy sê jy is ook nie Elia of die verwagte boodskapper van God nie. Nou waarom doop jy dan soveel mense asof jy die een of ander belangrike godsdienstige persoon is?”