JESAJA 49:6-7
JESAJA 49:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Hy het gesê: “Jy is my dienaar, jy moet die Israeliete terugbring, die mense wat oorgebly het van die stamme van Jakob. Maar dit is nie genoeg nie, jy moet nog meer doen, jy moet die lig vir die ander volke wees, Ek wil al die mense op die aarde red.” Die Here praat, die Bevryder van Israel, die Heilige God van Israel. Hy praat met die Israeliete wat dink hulle beteken niks, die ander volke hou niks van hulle nie, en hulle is nou die slawe van die mense wat oor hulle regeer. Die Here sê: “Die konings van die ander lande sal na julle kyk en hulle sal opstaan en buig, want hulle sal weet dat Ek, die Here, doen wat Ek sê. Ek is die Heilige God van Israel en Ek het julle gekies om aan My te behoort.”
JESAJA 49:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot 'n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde. So sê die HERE, die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat 'n afsku is by die volk, 'n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van die HERE wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het.
JESAJA 49:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou 'n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik. So sê die Here, die Heilige van Israel, sy Verlosser, vir dié een wat diep verag is, wat deur die nasies verafsku word en wat 'n dienaar van regeerders is: Konings sal sien wat gebeur en sal opstaan, leiers sal buig tot eer van die Here wat getrou is, die Heilige van Israel wat jou uitverkies het.
JESAJA 49:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het gesê: “Dit is nie genoeg dat jy vir My 'n dienskneg is om die stamme van Jakob op te rig nie, om dié wat bewaar gebly het van Israel, te laat terugkeer nie. Ek gee jou as 'n lig vir nasies, sodat my heil sal strek tot aan die uiteindes van die aarde. ” So sê die HERE, die losser van Israel, sy Heilige, aan die sielsveragte, aan hom wat afstootlik is vir nasies, aan die dienaar van heersers: “Konings sal dit sien en opstaan, ja, vorste, en hulle sal diep neerbuig – ter wille van die HERE, Hy wat getrou is, die Heilige van Israel, wat jou gekies het.”
JESAJA 49:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het gesê: Dit is 'n ligte ding dat jy my dienaar moet wees om die stamme van Jakob op te rig en die bewaardes van Israel te herstel; Ek sal jou ook gee as 'n lig vir die heidene, sodat jy vir my tot redding kan wees die einde van die aarde. So sê die HERE, die Verlosser van Israel, en sy Heilige, aan hom wat die mens verag, aan hom vir wie die nasie 'n afsku het, aan 'n dienaar van die owerstes: Konings sal dit sien en opstaan, en vorste sal aanbid, ter wille van die HERE wat getrou is en die Heilige van Israel, en Hy sal jou uitkies.
JESAJA 49:6-7 Die Boodskap (DB)
Hy het vir my gesê: Jy moet meer doen as om net die nageslag van Jakob bymekaar te maak. Daar is meer om te doen as om net dié wat nog oor is, terug te lei hierheen. Jy moet boonop ook my lig wees vir die nasies. Jy moet my redding uitdra na die uithoeke van die aarde. Die Here red Israel. Hy is hulle groot God. Hy praat met die een van wie niemand iets dink nie. Die nasies dink hy is onbelangrik. Hy moet konings se vuilwerk doen. Die Here sê vir hom: Konings sal sien wat Ek vir jou doen. Hulle sal uit eerbied vir jou opstaan. Leiers sal voor jou buig ter wille van die Here wat sy woord hou. Hulle sal jou vereer ter wille van die hoë God van Israel wat jou gekies het om aan Hom te behoort.
JESAJA 49:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sê: “Jy sal nog meer doen as om die stamme van Jakob op te rig en my volk Israel na My toe terug te bring. Ek gaan jou ’n lig maak vir die nasies sodat jy my redding kan bring tot aan die uithoeke van die aarde.” Dit is wat die HERE, die Redder en Heilige van Israel, sê vir die een wat verag is en verwerp word deur die nasie, wat ’n dienaar van regeerders is: “Konings sal jou sien en op aandag staan. Prinse sal laag voor jou buig ter wille van die HERE wat getrou is. Hy, die Heilige van Israel, het jou gekies.”