JESAJA 4:4 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
JESAJA 4:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die Here sal die inwoners van Sion reinig van hulle wandade en Hy sal die bloed wat aan die hande van Jerusalem kleef, verwyder deur die Gees wat oordeel en verteer.
JESAJA 4:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging.
JESAJA 4:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die Here sal die vuilheid afwas van die dogters van Jerusalem. Hy sal Jerusalem skoon was van sy bloedvlekke deur die gees van oordeel wat brand soos vuur.
JESAJA 4:4 DB (Die Boodskap)
Die Here sal die inwoners van Jerusalem se morele vuilheid wegwas. Hy sal die bloed wat in Jerusalem vergiet is, verwyder deur sy Gees wat oordeel en verteer.
JESAJA 4:4 ABA (Bybel vir almal)
Die Here sal die vroue in Jerusalem skoon was, hulle sal nie meer vuil wees nie. Hy sal die Regter wees en Hy sal die moordenaars uit Jerusalem uithaal soos wanneer iemand silwer smelt en die grond uithaal.
JESAJA 4:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
As my Heer die vuilheid van die vroue van Sion afgewas, en die bloedskuld van Jerusalem uit haar midde weggespoel het, deur 'n gees wat oordeel en 'n gees wat wegvee
JESAJA 4:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wanneer die HERE die vuilheid van die dogters van Sion afgewas het en die bloed van Jerusalem daaruit gesuiwer het deur die gees van oordeel en deur die gees van brand.