JESAJA 16:5-6
JESAJA 16:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wat lief is vir julle, sal dan iemand koning maak van die nageslag van koning Dawid. Dit sal iemand wees wat koning mag wees, iemand wat regverdig regeer en wat weet hoe om reg te doen. Ons het gehoor dat die Moabiete hoogmoedig en trots is. Hulle dink hulle is wonderlik, maar hulle het niks om oor te spog nie.
JESAJA 16:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En opgerig is deur goedgunstigheid 'n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, 'n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid. Ons het gehoor van die trotsheid van Moab — hy is baie trots! — van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, sy onbehoorlike grootpratery.
JESAJA 16:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
sal die Here in sy trou 'n troon oprig, en daarop sal 'n heerser sit uit die nageslag van Dawid. Hy sal betroubaar wees: hy sal hom beywer vir wat reg is, hy sal reg laat geskied. Ons het gehoor van die hoogmoed van Moab, van sy trots, sy vermetelheid, sy hoogmoed, sy hovaardigheid, maar sy grootpratery het tot niks gelei nie!
JESAJA 16:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sal, deur troue liefde, 'n troon gevestig word. Daarop sal iemand in getrouheid in die tent van Dawid sit – iemand wat regspreek, wat streef na wat reg is, en ervare is in geregtigheid. Ons het gehoor van die trots van Moab, van die groot vermetelheid. Sy hoogmoed, sy trots en woedebuie, sy gespog, is blote skyn.
JESAJA 16:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En deur barmhartigheid sal die troon bevestig word, en hy sal in waarheid daarop sit in die tent van Dawid, terwyl hy oordeel en reg soek en geregtigheid haastig. Ons het gehoor van die trots van Moab; hy is baie trots, ja, oor sy hoogmoed en sy trots en sy toorn, maar sy leuens sal nie so wees nie.
JESAJA 16:5-6 Die Boodskap (DB)
sal die Here, omdat Hy getrou bly aan sy beloftes, ’n goeie regeerder in Jerusalem aan bewind laat kom. Hierdie koning uit Dawid se nageslag sal betroubaar wees en hy sal hom beywer vir wat reg is. Ons het gehoor van Moab se hoogmoedigheid. Ongelukkig was al hierdie hovaardigheid en grootpratery niks anders as leë woorde nie.
JESAJA 16:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
sal Dawid se troon deur liefde gevestig word. Van daardie troon af sal ’n getroue koning regeer en hy sal doen wat regverdig en reg is. Is dit Moab, daardie trotse land waarvan ons so baie gehoor het? Sy hoogmoedige gespog en arrogansie is alles weg!