HOSEA 1:1
HOSEA 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gepraat met Hosea seun van Beëri. Dit was in die tyd toe vier konings ná mekaar koning van Juda was. Die konings was Ussia, Jotam, Agas en Hiskia. Jerobeam seun van Joas was toe koning van Israel.
HOSEA 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel.
HOSEA 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here wat gekom het tot Hosea seun van Beëri tydens die regering van konings Ussia, Jotam, Agas en Hiskia van Juda en van koning Jerobeam van Israel, seun van Joas.
HOSEA 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is die woord van die HERE aan Hosea, seun van Beëri. Dit was in die tyd van Ussia, Jotam, Agas en Hiskia, konings van Juda, en in die tyd van Jerobeam, seun van Joas, koning van Israel.
HOSEA 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die woord van die HERE wat gekom het tot Hosea, die seun van Beëri, in die dae van Ussia, Jotam, Agas en Hiskía, die konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, die koning van Israel.
HOSEA 1:1 Die Boodskap (DB)
Die Here het Hosea geroep om sy boodskapper te wees. Sy pa was Beëri. Hy het die Here se boodskap gebring in die tyd toe eers Ussia en daarna Jotam, toe Agas en daarna Hiskia die konings van Juda in die suide was. Joas se seun Jerobeam was die hele tyd die koning van Israel in die noorde.