HEBREËRS 1:1-2
HEBREËRS 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
God het lank gelede baie maal en op baie maniere gepraat met ons voorouers. Hy het verskillende profete na hulle toe gestuur. Maar nou aan die einde van hierdie tyd het God sy Seun gestuur. Só het God met ons gepraat. God het besluit dat die Seun alles moet erf, want God en die Seun het die hemel en die aarde gemaak.
HEBREËRS 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.
HEBREËRS 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.
HEBREËRS 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die ou tyd het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun. Hom het Hy aangestel as erfgenaam van alle dinge, en deur Hom het Hy ook die wêreld geskep.
HEBREËRS 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God, wat op baie tye en op verskillende maniere in die verlede tot die vaders gespreek het deur die profete, Hy het in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur sy Seun, wat Hy as erfgenaam van alle dinge aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het
HEBREËRS 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Deur die jare heen het God nie stilgebly nie. Hy het gedurig met ons voorouers gepraat deur spesiale boodskappers te stuur en ook nog op baie ander maniere. Maar die tyd is nou ryp dat God sy mense weer naby aan Hom wil bring. Daarom het Hy met ons kom praat deur sy Seun, aan wie God alles gegee het. Deur hierdie Seun het God alles gemaak wat bestaan.
HEBREËRS 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat. Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak.