GENESIS 2:2
GENESIS 2:2 Bybel vir almal (ABA)
Op die sewende dag was al die werk wat God gedoen het, klaar. Hy het op die sewende dag gerus, Hy het nie gewerk nie.
GENESIS 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
GENESIS 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het.
GENESIS 2:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God was op die sewende dag klaar met sy werk wat Hy gedoen het; en Hy het op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gedoen het.
GENESIS 2:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Op die sewende dag het God Sy werk voltooi wat Hy gemaak het; en op die sewende dag het hy gerus van al Sy werk wat hy gemaak het.
GENESIS 2:2 Die Boodskap (DB)
Op die sewende dag was alles klaar. Al God se werk was afgehandel. Op die sewende dag het Hy toe gerus van al die werk wat Hy gedoen het.