GENESIS 15:4-5
GENESIS 15:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Toe praat die Here weer met Abram en Hy sê vir hom: “Nee, dit is nie 'n slaaf wat al jou goed sal erf nie. Net jou eie seun sal jou goed erf.” Die Here het vir Abram buitetoe geneem en vir hom gesê: “Kyk na die lug en probeer om al die sterre te tel. Jou nageslag sal so baie wees.”
GENESIS 15:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.
GENESIS 15:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die woord van die Here het tot Abram gekom: “Daardie een sal nie jou erfgenaam wees nie. Een wat jou eie nasaat is, hy sal jou erfgenaam wees.” Toe het die Here vir Abram buitentoe laat gaan en vir hom gesê: “Kyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan.” Verder sê die Here vir hom: “So baie sal jou nageslag wees.”
GENESIS 15:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar kyk, die woord van die HERE kom toe tot Abram: “So iemand sal nie jou erfgenaam wees nie, slegs een wat uit jou liggaam voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.” Toe neem Hy Abram na buite en sê: “Kyk maar op na die hemel en tel die sterre – as jy in staat is om hulle te tel!” En Hy sê vir hom: “So sal jou nageslag wees.”
GENESIS 15:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê: Dit sal nie jou erfgenaam wees nie; maar hy wat uit jou eie ingewande sal voortkom, sal jou erfgenaam wees. Hy het hom na buite gebring en gesê: Kyk tog na die hemel en vertel die sterre of jy hulle kan tel; en Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.
GENESIS 15:4-5 Die Boodskap (DB)
Die Here het toe vir Abram gesê: “Nee, dit sal nie gebeur nie. Eliëser sal niks van jou erf nie. Jou eie kind sal eendag alles kry.” Die Here het Abram buitentoe geneem en gesê hy moet opkyk. “Probeer ’n bietjie al die sterre tel,” het Hy gesê. Abram kon nie en die Here het gesê: “Jou nageslag sal nog eendag net so baie soos hierdie sterre word.”
GENESIS 15:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe sê die HERE vir hom: “Nee, hy sal nie jou erfgenaam word nie. Jy sal ’n seun van jou eie hê wat al die besittings wat Ek jou gee, sal erf.” Daarop neem die HERE Abram na buite toe en sê: “Kyk op na die naghemel en tel die sterre. Kan jy hulle tel? Net so baie sal jou nageslag wees!”