ESEGIËL 11:19-20
ESEGIËL 11:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vir hulle 'n ander hart gee, en daar sal 'n nuwe gees in hulle wees. Ek sal die klip-harte uit hulle liggame wegvat en Ek sal vir hulle vleis-harte gee. Dan sal hulle lewe soos Ek sê en hulle sal doen wat Ek wil hê. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees.
ESEGIËL 11:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal hulle een hart gee, en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees gee, sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees.
ESEGIËL 11:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal hulle 'n ander hart gee en 'n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle 'n hart van vleis gee. Dan sal hulle volgens my voorskrifte leef en my bepalings nakom en daarvolgens optree. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.
ESEGIËL 11:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal vir hulle 'n onverdeelde hart gee. 'n Nuwe gees sal Ek in hulle binneste laat posvat. Ek sal die hart van klip uit hulle liggame verwyder, en Ek sal vir hulle 'n hart van vlees gee, sodat hulle my vaste voorskrifte sal volg en my beslissings sal nakom en uitvoer. Hulle sal vir My 'n volk wees en Ek sal vir hulle 'n God wees.
ESEGIËL 11:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal hulle een hart gee en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees gee. Sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan onderhou en dit doen; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees.
ESEGIËL 11:19-20 Die Boodskap (DB)
Daardie dag sal Ek hulle harte skoon was en nuut maak. Hulle sal anders dink en anders lyk. Ek sal hulle hart wat nou van klip en yster gemaak is, wegvat en vir hulle ’n hart gee wat van vleis gemaak is sodat hulle My reg kan dien. Dan sal hulle luister na wat Ek vir hulle sê, en hulle sal dit ook doen. Hulle sal presies alles doen net soos Ek vir hulle beveel om te doen. Dan sal hulle my volk wees en Ek sal hulle God wees.
ESEGIËL 11:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En Ek sal hulle harte verander en hulle gees nuut maak. Ek sal die harte van klip wegneem en vir hulle sagte harte in die plek daarvan gee. Dan sal hulle my opdragte en wette gehoorsaam. En hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.