EKSODUS 15:11 - Compare All Versions

EKSODUS 15:11 ABA (Bybel vir almal)

Here, wie is soos U? Nie een van die gode nie. Wie kan doen wat U kan doen? Wie is so heilig soos U? Niemand nie. Almal eer U en sing van die wonderlike dinge wat U doen.

EKSODUS 15:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

O HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?

EKSODUS 15:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wie van die gode is soos U, Here? Wie is soos U, so hoog geëer en heilig? In lofsange word U vereer, Bewerker van wonderdade!

EKSODUS 15:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ Wie is soos U onder die gode, HERE? Wie is soos U, majestueus in heiligheid, ontsagwekkend in lofwaardige dade? U wat wonders doen

EKSODUS 15:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wie is soos U, o HERE, onder die gode? wie is soos U, roemryk in heiligheid, verskrik in lofsange, doen wonders?

EKSODUS 15:11 DB (Die Boodskap)

“Wie is daar onder dié wat sterk is, wat met U vergelyk kan word, Here? Wie is daar nog wat so hoog bo almal en alles uittoring? Wie kan sulke wonderlike dinge doen? Wie kan sulke wonderwerke laat gebeur?

EKSODUS 15:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Wie van die gode kan met U vergelyk word, HERE? Wie is so hoog en heerlik soos U? Wie is so vreesaanjaend groot? Wie kan sulke wondere doen soos wat U laat gebeur?