PREDIKER 3:16 - Compare All Versions

PREDIKER 3:16 ABA (Bybel vir almal)

Ek het ook in hierdie wêreld gesien dat mense verkeerd doen wanneer hulle reg moet doen en regverdig moet wees.

PREDIKER 3:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg — daar was onreg, en die plek van geregtigheid — daar was onreg.

PREDIKER 3:16 AFR83 (Afrikaans 1983)

Verder het ek in hierdie wêreld gesien: waar daar reg moet geskied, is daar onreg; waar daar geregtigheid moet wees, is daar oortreding.

PREDIKER 3:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Verder het ek onder die son gesien: Die plek van die reg – daar was onreg; ja, die plek van geregtigheid – daar was onreg!

PREDIKER 3:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En ek het ook onder die son die plek van oordeel gesien, dat daar goddeloosheid was; en die plek van geregtigheid, dat die ongeregtigheid daar was.

PREDIKER 3:16 DB (Die Boodskap)

Ek het om my rondgekyk. Toe sien ek: waar die regte dinge moes gebeur, was daar net onreg. Niemand het gedoen wat God vra nie.

PREDIKER 3:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek het nog iets onder die son opgemerk: In die plek waar reg moet wees, was daar onreg. In die plek waar daar geregtigheid moes wees, was daar boosheid.