DEUTERONOMIUM 1:2 - Compare All Versions
DEUTERONOMIUM 1:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dit vat elf dae om met die Seïrbergpad van Horeb af by Kades-Barnea te kom.
DEUTERONOMIUM 1:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Elf dae is die pad van Horeb af na die gebergte Seïr tot by Kades-Barnéa.
DEUTERONOMIUM 1:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Dit vat gewoonlik net elf dae om met die pad langs Seïrberg verby van Sinaiberg af tot by Kades-Barnea te kom.
DEUTERONOMIUM 1:2 DB (Die Boodskap)
Dit het hulle elf dae gevat om van die berg Horeb in die rigting van die Seïrberg tot by Kades-Barnea te trek.
DEUTERONOMIUM 1:2 ABA (Bybel vir almal)
'n Mens loop elf dae lank op die pad van Horeb-berg na die Seïr-berge, en dan kom jy by die stad Kades-Barnea.
DEUTERONOMIUM 1:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit neem elf dae vanaf Horeb tot by Kades-Barnea met die pad deur die Seïrberge.
DEUTERONOMIUM 1:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
(Daar is elf dae se reis van Horeb af met die pad van die berg Seïr tot by Kades-Barnea.)