3 JOHANNES 1:4 – Vergelyk alle weergawes
3 JOHANNES 1:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.
3 JOHANNES 1:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
3 JOHANNES 1:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ek ervaar geen groter blydskap as juis wanneer ek hoor dat my kinders in ’n hegte verbondenheid aan die waarheid lewe nie.
3 JOHANNES 1:4 DB (Die Boodskap)
Daar is sowaar niks wat my blyer maak as die nuus dat my geestelike kinders in alles wat hulle doen openlik vir die waarheid uitkom nie.
3 JOHANNES 1:4 ABA (Bybel vir almal)
Dit maak my baie baie bly wanneer ek hoor dat ons gelowiges doen wat God vir ons sê.
3 JOHANNES 1:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Groter blydskap as dit het ek nie, dat ek hoor dat my kinders die pad van waarheid loop.
3 JOHANNES 1:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het geen groter vreugde as om te hoor dat my kinders in die waarheid wandel nie.