1 KORINTIËRS 16:13-22 - Compare All Versions
1 KORINTIËRS 16:13-22 AFR83 (Afrikaans 1983)
Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk! Laat alles by julle in liefde geskied. Ek het nog 'n versoek aan julle, broers: julle weet van Stefanas en sy huisgesin, wat die eerste bekeerlinge in Agaje was, dat hulle hulle tot diens van die gelowiges gestel het. Stel julle onder die leiding van sulke mense en van elkeen wat saam met hulle werk en arbei. Ek verbly my oor die aankoms van Stefanas, Fortunatus en Agaïkus, want hulle het vir my die gemis aan julle vergoed. Hulle het my gees verkwik en ook julle s'n. Wees erkentlik teenoor sulke manne. Die gemeentes van die provinsie Asië stuur vir julle groete. Van Akwila en Priscilla en ook van die gemeente wat gereeld in hulle huis bymekaarkom: baie groete in die Here. Al die broers stuur vir julle groete. Groet mekaar met die soen van Christelike broederskap. Nou skryf ek met my eie hand: Groete, Paulus. As iemand die Here nie liefhet nie – vervloek is hy! Marana ta – kom, Here!
1 KORINTIËRS 16:13-22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk. Laat alles by julle in liefde geskied. En ek versoek julle, broeders — julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het — dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei. En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het. Want hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Erken sulke manne dan. Die gemeentes van Asië groet julle. Áquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here. Al die broeders groet julle. Groet mekaar met 'n heilige kus. Die groete van Paulus, met my eie hand. As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 'n vervloeking wees! Maranáta!
1 KORINTIËRS 16:13-22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Wees waaksaam! Staan vas in wat julle glo! Wees moedig! Wees sterk! Alles wat julle doen, moet in liefde geskied. Julle weet dat Stefanas en sy huisgesin die eerste bekeerlinge in Suid-Griekeland was en dat hulle hulle lewe wy aan die diens van ander Christene. Ek vra julle ernstig dat julle hulle sal respekteer en ander soos hulle wat met groot toewyding vir die Here werk. Ek is so bly dat Stefanas, Fortunatus en Agaïkus hier aangekom het. Hulle het vergoed vir julle afwesigheid. Hulle het my gees weer opgebeur, soos ook julle s’n. Respekteer mense soos hulle. Die gemeentes hier in die provinsie Asië groet julle hartlik in die Here, saam met Akwila en Priscilla en al die ander gemeentelede wat in hulle huis bymekaarkom. Al die broers en susters hier het my gevra om julle namens hulle te groet. Groet mekaar met die soen van Christelike liefde. HIER IS MY EIE GROET. EK IS PAULUS, EN EK SKRYF DIT MET MY EIE HAND. As iemand die Here nie liefhet nie – laat hom vervloek wees. Kom, ons Here!
1 KORINTIËRS 16:13-22 DB (Die Boodskap)
Wees wakker in die lewe en moenie toelaat dat iemand julle geestelik van balans af gooi nie, want julle glo mos. Moenie soos bangbroeke wees nie, maar staan julle man. Doen alles wat julle doen met liefde. Ek wil julle nog iets vra, my broers en susters. Julle onthou mos nog vir Stefanas. Hy en sy huisgesin was die eerste mense in Suid-Griekeland wat Christene geword het. Hulle was van die begin af meer as gewillig om mede-Christene te help waar hulle kan. Sulke mense se voorbeeld moet julle volg en almal wat saam met hulle vir die Here woel en werskaf. Ek was bly toe Stefanas, Fortunatus en Agaïkus hier aangekom het. Dit het sommer baie gehelp vir my verlange na julle almal. Hulle het vir my net so baie beteken as vir julle. Sulke mense moet julle waardeer. Die gemeentes hier in Asië stuur vir julle groete. Akwila en Priscilla saam met almal wat in hulle huis bymekaarkom, stuur spesiaal vir julle as mede-Christene baie liefde. Al die gelowiges het my gevra om hulle groete oor te dra. Groet mekaar opreg en hartlik soos Christene dit behoort te doen. Ek, Paulus, skryf hierdie laaste paar groetwoorde self. Mag die Here die persoon straf wat in liefdeloosheid die rug vir die Here draai. Kom, Here!
1 KORINTIËRS 16:13-22 ABA (Bybel vir almal)
Julle moet oppas dat die duiwel julle nie verlei nie. Julle moet aanhou glo in die Here. Julle moet dapper en sterk wees. Julle moet alles met liefde doen. Julle weet dat Stefanas en sy mense die eerste mense in die provinsie Agaje was wat gelowiges geword het. En hulle het baie gedoen om die ander gelowiges te help. Vriende, ek vra mooi dat julle ook vir leiers soos Stefanas en sy mense moet help. Ja, julle moet vir almal help wat hard werk vir die Here. Ek is baie bly dat Stefanas, Fortunatus en Agaïkus hier by my gekuier het. Dit het my gehelp om nie so baie te verlang na julle nie. Hulle het my weer lekker laat voel. En ek is seker hulle het julle harte ook bly gemaak toe hulle al die nuus oor my vir julle vertel het. Julle moet goed luister na hulle. Die gemeentes in Asië stuur groete vir julle. Akwila en Priska stuur ook groete. Die gelowiges wat altyd in hulle huis bymekaarkom, stuur ook groete. Hulle stuur baie vriendelike groete omdat julle en hulle almal aan die Here behoort. Al die gelowiges stuur groete vir julle. Julle moet mekaar groet met die soen wat wys dat julle almal aan Christus behoort. Ek skryf nou hierdie laaste paar woorde met my eie hand sodat julle kan sien dat hierdie brief regtig van my kom. As iemand nie lief is vir die Here nie, dan sal die Here hom straf. Ons Here, U moet asseblief kom!
1 KORINTIËRS 16:13-22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manhaftig, wees sterk. Laat alles wat julle doen, in liefde geskied. Ek rig nog 'n ernstige versoek tot julle, broers. Julle weet dat Stefanas en sy huisgesin die eerstelinge in Agaje is, en hulleself tot diens van die •heiliges gestel het. Onderwerp julle aan die leiding van sulke mense, en aan elkeen wat saamwerk en hom inspan. Ek is bly oor die koms van Stefanas, Fortunatus en Agaïkus, want hulle het vergoed vir my gemis aan julle. Hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Gee daarom erkenning aan sulke mense. Die •gemeentes in Asië groet julle. Akwila en Priska, en die gemeente wat in hulle huis bymekaarkom, stuur vir julle baie groete in die Here. Al die broers groet julle. Groet mekaar met 'n heilige soen. Dié groetwoord in my eie handskrif: Van Paulus. As iemand die Here nie liefhet nie, laat hom vervloek wees. Marana ta!
1 KORINTIËRS 16:13-22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waak, staan vas in die geloof, los julle soos mense, wees sterk. Laat al jou dinge met liefde gedoen word. Ek vermaan julle, broeders, (julle ken die huis van Stefanas, dat dit die eerstelinge van Achaje is, en dat hulle hulleself verslaaf het aan die bediening van die heiliges) dat julle julself aan sulkes onderwerp en aan elkeen wat met ons help en arbei. Ek is bly oor die koms van Stefanas en Fortunatus en Achaikus; vir wat aan jou ontbreek het, het hulle voorsien. Want hulle het my gees en julle gees verkwik; Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Priscilla groet julle baie in die Here, saam met die gemeente wat in hulle huis is. Al die broers groet jou. Groet mekaar met 'n heilige soen. Die groet van my Paulus met my eie hand. As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hy Anathema Maranatha wees.