Hier volg besonderhede oor Isak seun van Abraham: Abraham was Isak se pa, en toe Isak veertig jaar oud was, het hy met Rebekka getrou. Sy was die dogter van Betuel, 'n Arameër uit Paddan-Aram, en 'n suster van Laban die Arameër. Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy was kinderloos. Die Here het sy gebed verhoor, en sy vrou Rebekka het swanger geword. Die kinders het in haar teen mekaar gestamp, en toe sê sy: “Waarom gebeur so iets met my?” Sy het toe die Here gaan raadpleeg, en Hy het vir haar gesê: “Daar is twee nasies in jou, twee volke uit jou sal van mekaar geskei word. Een sal sterker wees as die ander, die oudste sal die jongste dien.” Toe Rebekka haar kinders in die wêreld bring, was dit tweelingseuntjies. Die eerste is gebore: rooi, vol hare soos 'n veljas, en hy is Esau genoem. Sy broer is na hom gebore en dié se hand het aan Esau se hakskeen vasgehou. Hy is Jakob genoem. Isak was sestig jaar oud toe hulle gebore is. Die seuns het grootgeword. Esau was 'n ervare jagter, 'n man van die veld; Jakob was 'n rustige mens, hy het tuis gebly. Isak het vir Esau voorgetrek, want Isak het van wildsvleis gehou. Rebekka weer het vir Jakob voorgetrek. Op 'n dag terwyl Jakob lensiesop aan die kook was, kom Esau doodmoeg uit die veld daar aan en sê vir Jakob: “Laat my gou van die rooi goed wegsluk, van daardie rooi goed. Ek is doodmoeg!” Daarom is hy Edom genoem. Toe sê Jakob vir hom: “Verkoop eers jou reg as eersgeborene aan my.” Esau het geantwoord: “Ek gaan tog sterf. Wat baat dit my om die eersgeborene te wees?” Jakob sê toe vir hom: “Beloof my nou met 'n eed dat jy jou reg as eersgeborene aan my oormaak.” Esau het dit gedoen en so sy reg as eersgeborene aan Jakob verkoop. Daarna het hy vir Esau brood en lensiesop gegee, en hy het geëet. Toe hy klaar was, het hy uitgestap. Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene.
Lees GENESIS 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 25:19-34
21 Days
The James River Church 21 Days of Fasting and Prayer Devotion plan is designed to encourage and strengthen you as you devote this time to walking closer with the Lord. The plan consists of short devotions and a Scripture reading plan for each day. We know that as you spend time fasting and praying, you will see God do more than you can ask or imagine!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's