So sê die Here: Selfs as Israel net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy nog sondes daarby gevoeg: hulle verkoop onskuldige mense vir geld, arm mense oor 'n paar sandale; hulle trap swakkes se koppe plat in die grond en veronreg dié wat hulleself nie kan verweer nie; pa en seun kuier by dieselfde meisie en doen my heilige Naam oneer aan; langs elke altaar strek die Israeliete hulle uit op klere wat as pand gevat is; in die huis van hulle God drink hulle die wyn van dié wat uitgebuit is. Ek het die Amoriete wat hoog soos seders is, sterk soos eike, uitgeroei om vir julle plek te maak, Israeliete! Ek het julle uit Egipte laat trek, Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn gelei, Ek het julle die land van die Amoriete in besit laat neem, Ek het van julle seuns as profete laat optree en van julle jongmanne as nasireërs. Is dit nie so nie, Israeliete? vra die Here. Maar julle het die nasireërs laat wyn drink en die profete belet om as profete op te tree. Daarom laat ek julle vasval net waar julle is soos 'n wa vasval wat te vol gerwe is. Die vinnige sal nie kan vlug nie, die sterke se krag sal hom niks baat nie, die dapper soldaat sal homself nie kan red nie. Wie met pyl en boog veg, sal nie kan weerstand bied nie, die vinnige sal nie kan weghardloop nie, die ruiter sal homself nie kan red nie. Selfs die sterkste soldaat sal daardie dag kaal wegvlug, sê die Here.
Lees AMOS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: AMOS 2:6-16
15 dae
Amos, 'n plattelandse prediker, gaan na die groot stad en veroordeel hul sondige weë en sê ons is almal verantwoordelik teenoor God volgens die lig wat Hy vir ons gegee het. Reis daagliks deur Amos terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's