Toe die Filistyne verneem dat Dawid tot koning oor Israel gesalf is, het hulle almal teen hom opgetrek. Dawid het dit te hore gekom en op 'n strategiese plek gaan stelling inneem. Die Filistyne het gekom en die Spooklaagte binnegeval. Dawid het die Here geraadpleeg en gevra: “Moet ek teen die Filistyne opruk? Sal U hulle in my mag oorgee?” Die Here het hom geantwoord: “Ja, trek op, want Ek gee hulle beslis aan jou oor.” Dawid het toe deur 'n groot kloof getrek en hulle daar verslaan. Hy het gesê: “Die Here het my vyand voor my gekloof soos water 'n wal kloof.” Daarom het hy die plek Grootkloof genoem. Die Filistyne het selfs hulle afgodsbeelde net daar gelos, en Dawid en sy manskappe het dit opgetel. Toe die Filistyne weer opruk en die Spooklaagte binneval, het Dawid die Here geraadpleeg. Die Here het gesê: “Moenie optrek nie. Draai na hulle agterhoede toe en val hulle aan regoor die melkbosse. Wanneer jy 'n geritsel in die toppe van die melkbosse hoor, moet jy blitsvinnig aanval, want dan trek die Here voor jou uit om die kamp van die Filistyne te tref.” Dawid het gemaak soos die Here gesê het en die Filistyne van Geba af tot by die ingang na Geser verslaan.
Lees 2 SAMUEL 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 SAMUEL 5:17-25
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's