Psalms 133:1-3

Psalms 133:1-3 DB

Hoe mooi, hoe wonderlik as broers en susters regtig vir mekaar lief is! Dit is soos baie duur parfuum wat iemand uit respek oor Aäron uitgiet; dit is soos duur olie wat oor Aäron se kop en klere loop. Dit is soos dou wat vroegoggend van die Hermonberg afloop tot op Sion. Broers en susters wat regtig vir mekaar omgee, word deur die Here geseën; elke dag beleef hulle sy goedheid, elke dag van die lang lewe wat Hy skenk.