PSALMS 61
AFR53

PSALMS 61

61
Die vlugteling-koning.
1VIR die musiekleier; met #Job 30:9; Ps. 4:1snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.
2 o God, hoor my smeking, luister na my gebed!
3Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is.
4Want U het 'n toevlug vir my geword, #Spr. 18:10'n sterk toring teen die vyand.
5Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.
6Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.
7Mag U dae by #Ps. 63:12die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.
8Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik #Ps. 40:11goedertierenheid en trou, dat dié hom bewaar.
9Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my #Ps. 50:14geloftes te betaal, dag ná dag.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Vind meer uit oorAfrikaans 1933/1953