PSALMS 148

148
Alle kreature moet die Here loof.
1HALLELUJA! Loof die Here uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!
2Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!
3Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!
4Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!
5Laat hulle die Naam van die Here loof; want Hý het bevel gegee — en hulle is geskape.
6En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.
7Loof die Here van die aarde af — groot seediere en alle dieptes!
8Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;
9berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,
10wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;
11konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;
12jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges —
13laat hulle die Naam van die Here loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
14En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!

Tans Gekies:

PSALMS 148: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid