PSALMS 124
AFR53

PSALMS 124

124
Geloofd sy die Redder van Israel.
1 # Ps. 120:1 'n BEDEVAARTSLIED. #Ps. 131,133|PSA 131:1; 133:1, verse 1Van Dawid.
# Ps. 94:17 As die Here nie vir ons was nie — #Ps. 129:1laat Israel dit sê —
2as die Here nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,
3dan het hulle ons #Ps. 56:1lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;
4dan het #Ps. 18:16; 144:7die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan;
5dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.
6Geloofd sy die Here wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!
7Ons siel het vrygeraak soos 'n voël #Ps. 91:3uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.
8 # Ps. 121:2 Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Vind meer uit oorAfrikaans 1933/1953