PSALMS 120

120
Gebed om beskerming teen lastertonge.
1 'n BEDEVAARTSLIED.
Ek roep die Here aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.
2 o Here, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
3Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
4Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse.
5Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
6Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
7Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.

Tans Gekies:

PSALMS 120: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid