SPREUKE 22

22
1 'n NAAM is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.
2Rykes en armes ontmoet mekaar, die Here het hulle almal gemaak.
3'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.
4Die loon van nederigheid is die vrees van die Here, is rykdom en eer en die lewe.
5Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.
6Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
7Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
8Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.
9Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.
10Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.
11 Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is — die koning is sy vriend.
12Die oë van die Here bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.
13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!
14Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die Here vertoornd is, sal daarin val.
15As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.
16Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.
Sedespreuke.
17GEE gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.
18Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.
19Dat jou vertroue op die Here mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.
20Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,
21om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?
22 Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.
23Want die Here sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.
24Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,
25sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie.
26Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.
27As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?
28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.
29Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk — hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.

Tans Gekies:

SPREUKE 22: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid