JOB 39

39
1KAN jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak
2as hulle neerbuig in die lêplekke, klaarsit in die skuilplek om te loer?
3Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
4Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
5Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
6Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort — weg is hulle weë!
7Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
8Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?
9Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.
10Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.
11Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.
12Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
13Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
14Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?
15Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?
16Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?
17Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;
18en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.
19 Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs — sy is nie bekommerd nie.
20Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.
21Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.
22Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?
23Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.
24Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.
25Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
26Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
27Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
28By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.
29Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?
30Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?
31Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.
32Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte.
33Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy.
Sal Job dan langer met God twis?
34EN die Here het Job geantwoord en gesê:
35Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!
36Toe het Job die Here geantwoord en gesê:
37Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond.
38Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.

Tans Gekies:

JOB 39: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid