PREDIKER 11

11
Laat ons goed doen solank as ons in die geleentheid is.
1WERP jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind.
2 Gee 'n deel aan sewe, ja, ook aan agt; want jy weet nie watter onheil daar op die aarde sal wees nie.
3As die wolke vol reën is, giet hulle dit uit op die aarde; en as 'n boom na die suide of na die noorde val, op die plek waar die boom val, daar bly hy lê.
4Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.
5Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.
6Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee saam goed sal wees nie.
7Verder, soet is die lig, en goed is dit vir die oë om die son te aanskou.
8Want as die mens baie jare lewe, moet hy hom in dié almal verheug en dink aan die dae van duisternis, dat dit baie sal wees; alles wat kom, is nietigheid.
Hoe die jeug geniet moet word.
9VERBLY jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring.
10En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.

Tans Gekies:

PREDIKER 11: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid