III JOHANNES 1

1
Opskrif en seëngroet. Lof van Gajus.
1 DIE ouderling aan die geliefde Gajus wat ek in waarheid liefhet.
2Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;
3want ek was baie bly as daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.
4Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
5Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge
6wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op 'n voor God waardige wyse.
7Want vir sy Naam het hulle uitgegaan sonder om iets van die heidene te neem.
8Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede-arbeiders van die waarheid kan word.
Klag teen Diótrefes. Lof van Demétrius. Groete.
9EK het aan die gemeente geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.
10Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente.
11Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.
12Van Demétrius is deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook, en julle weet dat ons getuienis waar is.
13 Ek het baie dinge gehad om te skrywe, maar ek wil nie met ink en pen aan jou skryf nie.
14Maar ek hoop om jou gou te sien, en ons sal van mond tot mond spreek.
15Vrede vir jou! Die vriende groet jou. Groet die vriende by die naam.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid