II SAMUEL 8

8
Dawid onderwerp die Filistyne en Moab, Soba en Aram. Sy staatsamptenare.
1EN daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem.
2 Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met 'n lyn deur hulle op die grond te laat lê: en hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid se belastingpligtige knegte geword.
3Verder het Dawid Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba, verslaan, toe dié getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel.
4En Dawid het van hom duisend-sewehonderd perderuiters afgeneem en twintigduisend man voetgangers, en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
5 En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadadéser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee-en-twintigduisend man verslaan.
6En Dawid het wagposte in Aram- Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
7En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadadéser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.
8En uit Bétag en uit Berotái, stede van Hadadéser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem.
9Toe Toï, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadadéser verslaan het,
10stuur Toï sy seun Joram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens, omdat hy teen Hadadéser geveg en hom verslaan het — want Hadadéser het gedurig oorlog gevoer met Toï — en in sy hand was silwer- en goue en kopervoorwerpe.
11Dit het koning Dawid ook aan die Here geheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het:
12van die Arameërs en die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba.
13En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Soutdal agttienduisend Edomiete verslaan het.
14En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
15En Dawid het oor die hele Israel geregeer, en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen.
16 En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
17En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, was priesters, en Serája was skrywer.
18En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die seuns van Dawid was priesters.

Tans Gekies:

II SAMUEL 8: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid