II KORINTHIËRS 6
AFR53

II KORINTHIËRS 6

6
Selfverloëning van Paulus in sy bediening.
1EN as #I Kor. 3:9medewerkers vermaan ons julle ook #Hebr. 12:15dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.
2Want Hy sê: #Jes. 49:8In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit #Lk. 4:19die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
3 # Rom. 14:13; I Kor. 10:32 Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;
4maar in alles beveel ons ons aan as #I Kor. 4:1dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in #II Kor. 12:10node, in benoudhede;
5 # II Kor. 11:23 ens. in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;
6in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;
7in #Efés. 1:13die woord van waarheid, in die krag van God, deur #Rom. 13:12; II Kor. 10:4die wapens van die geregtigheid in #Efés. 6:16,17die regter- en linkerhand;
8deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;
9as onbekendes en tog goed bekend, #Rom. 8:36; I Kor. 4:10as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;
10 # II Kor. 7:4 as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; #II Kor. 8:9as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en #I Kor. 7:30tog alles besit.
Dringende vermaninge om heilig te lewe.
11ONS mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.
12Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.
13Maar by wyse van vergoeding — ek praat soos met #I Kor. 4:14kinders — moet julle ook verruim word.
14 # I Kor. 7:39 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want #I Kor. 10:21; Efés. 5:7,11watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en #I Kor. 1:9watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
15En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
16Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want #I Kor. 3:16julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: #Lev. 26:12Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
17Daarom, #Jes. 52:11; Openb. 18:4gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
18 # Ex. 4:22; Efés. 1:5 en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.


Vind meer uit oorAfrikaans 1933/1953

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid.