II KRONIEKE 11

11
1EN toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die huis van Juda en Benjamin, honderd-en-tagtigduisend krygshaftige jongmanne, byeen laat kom om teen Israel oorlog te voer, om die koningskap vir Rehábeam terug te win.
2Maar die woord van die Here het tot Semája, die man van God, gekom en gesê:
3Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele Israel in Juda en in Benjamin, en sê:
4So spreek die Here: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woorde van die Here en omgedraai sonder om teen Jeróbeam op te trek.
Rehábeam versterk sy ryk. Sy huisgesin.
5EN Rehábeam het in Jerusalem gewoon en stede as vestings opgebou in Juda.
6Hy het naamlik Betlehem opgebou, en Etam en Tekóa;
7en Bet-Sur en Sogo en Adúllam;
8en Gat en Marésa en Sif;
9en Adoráim en Lagis en Aséka;
10en Sórea en Ájalon en Hebron, versterkte stede in Juda en in Benjamin.
11En hy het die vestings versterk en daarin bevelhebbers aangestel met voorrade voedsel en olie en wyn,
12en in elkeen van die stede groot skilde en spiese; en hy het hulle uitermate versterk; en Juda en Benjamin het aan hom behoort.
13En die priesters en die Leviete wat in die hele Israel was, het uit hulle hele grondgebied by hom gestaan.
14Want die Leviete het hulle weiveld en hulle besitting verlaat en na Juda en Jerusalem getrek; want Jeróbeam en sy seuns het hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van die Here meer kon wees nie.
15En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes en die veldduiwels en die kalwers wat hy gemaak het.
16 En agter hulle aan het uit al die stamme van Israel die wat hulle hart daarop gerig het om die Here, die God van Israel, te soek, na Jerusalem gekom om aan die Here, die God van hulle vaders, te offer;
17en hulle het die koninkryk van Juda versterk en Rehábeam, die seun van Salomo, drie jaar lank bemoedig; want drie jaar lank het hulle in die weg van Dawid en van Salomo gewandel.
18En Rehábeam het Maglat, die dogter van Jérimot, die seun van Dawid, en van Abíhail, die dogter van Elíab, die seun van Ísai, vir hom as vrou geneem.
19En sy het vir hom seuns gebaar: Jehus en Semárja en Saham.
20En ná haar het hy Máäga, die dogter van Absalom, geneem, en sy het vir hom Abía en Áttai en Sisa en Selómit gebaar.
21En Rehábeam het Máäga, die dogter van Absalom, liewer gehad as al sy vroue en sy byvroue; hy het naamlik agttien vroue geneem en sestig byvroue; en hy het die vader van agt-en-twintig seuns en sestig dogters geword.
22En Rehábeam het Abía, die seun van Máäga, as hoof, as vors onder sy broers aangestel; want hy wou hom koning maak.
23En hy het verstandig gehandel en van al sy seuns versprei in al die streke van Juda en Benjamin, in al die versterkte stede, en aan hulle voedsel in oorvloed gegee en 'n menigte vroue vir hulle gevra.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid