I KRONIEKE 25

25
Telling en verdeling van die heilige sangers.
1EN Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns van Asaf en Heman en Jedútun afgesonder, wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was —
2van die seuns van Asaf: Sakkur en Josef en Netánja en Asaréla, die seuns van Asaf; onder leiding van Asaf wat volgens aanwysing van die koning besield gespeel het.
3Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die Here;
4van Heman, die seuns van Heman was Bukkía, Mattánja, Ússiël, Sébuel en Jérimot, Hanánja, Hanáni, Eliáta, Giddálti en Romámti-Eser, Josbekása, Mallóti, Hotir, Mahásiot.
5Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
6Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die Here, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman.
7En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van die Here, almal meesters, was tweehonderd-agt-en-tagtig.
8En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling.
9En die eerste lot het uitgekom vir Asaf, naamlik vir Josef; die tweede vir Gedálja; hy en sy broers en sy seuns was twaalf;
10die derde vir Sakkur; sy seuns en sy broers, twaalf;
11die vierde vir Jisri; sy seuns en sy broers, twaalf;
12die vyfde vir Netánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
13die sesde vir Bukkía; sy seuns en sy broers, twaalf;
14die sewende vir Jesaréla; sy seuns en sy broers, twaalf;
15die agtste vir Jesaja; sy seuns en sy broers, twaalf;
16die negende vir Mattánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
17die tiende vir Símeï; sy seuns en sy broers, twaalf;
18die elfde vir Asáreël; sy seuns en sy broers, twaalf;
19die twaalfde vir Hasábja; sy seuns en sy broers, twaalf;
20die dertiende vir Súbael; sy seuns en sy broers, twaalf;
21die veertiende vir Mattítja; sy seuns en sy broers, twaalf;
22die vyftiende vir Jéremot; sy seuns en sy broers, twaalf;
23die sestiende vir Hanánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
24die sewentiende vir Josbekása; sy seuns en sy broers, twaalf;
25die agttiende vir Hanáni; sy seuns en sy broers, twaalf;
26die negentiende vir Mallóti; sy seuns en sy broers, twaalf;
27die twintigste vir Eliáta; sy seuns en sy broers, twaalf;
28die een-en-twintigste vir Hotir; sy seuns en sy broers, twaalf;
29die twee-en-twintigste vir Giddálti; sy seuns en sy broers, twaalf;
30die drie-en-twintigste vir Mahásiot; sy seuns en sy broers, twaalf;
31die vier-en-twintigste vir Romámti-Eser; sy seuns en sy broers, twaalf.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid