1 Korinthiërs 6
6
1Waag sekeres van julle wat ’n saak teen ’n ander het om ’n oordeel te gaan soek voor die wat boos is en nie voor die afgesonderdes nie? 2 Kro 19:5-11
2Weet julle nie dat die afgesonderdes die wêreld sal oordeel nie? As die wêreld deur julle geoordeel gaan word, is julle dan onbevoeg om in hierdie kleinste van dinge te beoordeel?
3Weet julle nie dat ons engele oordeel nie, hoeveel te meer die wat van dié lewe is?
4As julle dan regsake het oor dinge van dié lewe, moet julle persone daaroor laat sit wat geen stand in die gemeente het nie?
5Ek sê dit nou vir julle so: is daar dan nie een wyse onder julle, wat in staat is om uitspraak tussen sy broers te gee nie?
6Broer verskil met broer en dit selfs voor die wat nie vertrou nie!
7Deurdat julle regsake met mekaar het, het julle julself klaar geoordeel. Waarom nie eerder verkeerd behandel word nie? Waarom nie eerder ingedoen word nie?
8Julle doen egter verkeerd en bedrieg ook julle broers.
9Of weet julle nie dat bose mense nie die Koninkryk van God sal erf nie? Moenie mislei wees nie! Geen persoon wat vrye seksuele gemeenskap beoefen of beelde aanbid of buite sy huwelik seksuele gemeenskap het of molesteerders Deut 23:1 of homoseksuele Lev 18:22,23; 20:13; Rom 1:26; 1 Tim 1:10
10of hebsugtiges of diewe of dronkaards of moeilikheidmakers of uitbuiters sal die Koninkryk van God erf nie.
11Ván hierdie dinge was in elkeen van julle, maar julle is skoon deur die doop, julle is afgesonderd, julle is onskuldig verklaar in die Karakter en Outoriteit van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en deur die Gees van ons God.
12Alles is onder my outoriteit, maar nie alles is tot voordeel nie. Alles is onder my outoriteit, maar ek sal niks daarvan oor my laat heers nie.
13“Die kos is vir die maag en die maag is vir die kos,” maar God albei tot niet maak en die liggaam is nie vir seksuele immoraliteit nie, maar vir ons Meester en ons Meester vir die liggaam.
14God het ook ons Meester laat opstaan en laat ons opstaan deur Sy krag.
15Weet julle nie dat julle liggame lede van Die Gesalfde Een is nie? Sal ek daarvolgens die lede van Die Gesalfde Een vat en dit lede van ’n hoer maak? ’n Verwerplike gedagte!
16Of weet julle nie dat hy wat hom vaskleef aan ’n hoer, met haar een liggaam is nie, want dit sê dat hulle altwee een vlees sal wees,” Gen 2:24
17maar wie aan ons Meester vashou, is van een Gees met Hom.
18Vlug vir seksuele immoraliteit. Enige sonde wat ’n mens doen, is buite die liggaam, maar wie seksuele immoraliteit beoefen sondig teen sy eie liggaam.
19Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Gees wat Afgesonderd is, wat in julle bly, wat julle van God gekry het, is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, Num 19:13; Yog 2:21; 1 Kor 3:16,17
20want julle is gekoop vir ’n prys. Bring daarom eer, lof en aanbidding aan God in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
Tans Gekies:
1 Korinthiërs 6: SPC
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.