2 Kronieke 26
26
1Toe het die hele volk van Y’hudah vir `Uziyahu, sy seun gevat, wat toe sestien jaar oud was en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amatzyahu. 2 Kon 15:1-7
2Hy het, nadat die koning by sy vaders neergelê is, Eilat opgebou en aan Y’hudah terugbesorg.
3`Uziyahu was sestien jaar oud toe hy begin heers het en hy het twee en vyftig jaar in Yerushalayim regeer. Die naam van sy moeder was Y’kholyahu, van Yerushalayim.
4Hy het gedoen dit wat reg was in die oë van יהוה net soos sy vader, Dawid, gedoen het.
5Hy het tot God gebid in die dae van Z’kharyah, wat hom onderrig gegee het in die aanbidding van יהוה en יהוה het al sy dade voorspoedig gemaak.
6Hy het gegaan en teen die F’lishtyne oorlog gemaak en die muur van Gat, die muur van Yavneh en die muur van Ashdod afgebreek.
7God het hom gehelp teen die F’lishtyne, teen die Arabiere wat in Gur-Ba’al gewoon het en teen die Me’uniete.
8Sy roem het uitgebrei tot by die land van Mitzrayim, want hy het aangehou veg.
9Verder het `Uziyahu torings gebou in Yerushalayim by die Hoekpoort en by die Westelike poort en hulle met ysters versterk.
10Hy het ook baie torings in die stede wat hy gehad het, gebou en baie kastele, want hy het baie rykdom gehad en plaasboere en werkers beide in die vlaktes en op die berge, want hy het baie beeste gehad.
11Verder het `Uziyahu ’n leër gehad van magtige manne wat uitgegaan het in oorlog. Hulle was twee en dertig duisend ses honderd.
12Die ander wat in die platteland gebly het, was drie honderd duisend en die manne wat swaarde gedra het was sewe duisend vyf honderd.
13Hulle het elke dag opgestaan om oor die koning wag te hou.
14`Uziyahu het vir hulle, regdeur die hele leërmag, skilde, spiese, helms, borsplate, boë en slingers, om stene te gooi, voorberei.
15Sy roem het versprei na al die lande totdat hy baie ryk geword het,
16maar toe hy baie ryk geword het, het sy hoogmoedigheid meer geword Deut 17:18-20 en hy het oortree teen יהוה, sy God en in die tempel van יהוה ingegaan en wierook op die wierookaltaar gebrand.
17Die priester, `Azaryahu het agter hom ingegaan en vir hom gesê:
18“Dit is nie u plek, o koning en u het ook nie die reg, om wierook op die altaar te brand nie.
19Onmiddelik het `Uziyahu se woede teen die priesters ontvlam en het hy beveel om hulle uit die Afgesonderde Plek te verwyder. Op daardie oomblik het die melaatsheid vanuit die Afgesonderde Plek gegaan en op die voorkop van koning `Uziyahu geval soos hy ingaan om wierook in die huis van יהוה te brand.
20`Azaryahu, die hoofpriester en al die priesters het na hom gedraai en let op, hy het gehaas om uit te gaan, want hy het geweet dat יהוה hom geslaan het.
21Koning `Uziyahu was melaats tot die dag van sy dood toe en het in ’n huis in afsondering gebly as melaatse, want hy het gelaster teen die huis van יהוה en sy seun, Yotam, was oor die paleis van die koning en het die volk van die land regeer.
22Die res van die dade van `Uziyahu, die vroeëre en die latere, let op, hulle is geskryf deur Yesha’yahu, die profeet, die seun van Amotz.
23`Uziyahu is neergelê by sy vaders en hulle het hom in die begraafplaas begrawe, nie op die plek wat aan die konings behoort nie, want hulle het gesê: “Hy is melaats.” Yotam, sy seun, het in sy plek geheers.
Tans Gekies:
2 Kronieke 26: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.