En Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie, en sy het 'n slavin gehad, 'n Egiptiese, met die naam van Hagar. Toe sê Sarai vir Abram: Kyk tog, die HERE het my daarvan weerhou om te baar. Gaan tog in by my slavin; dit mag wees dat ek kinders by haar kan kry. En Abram het na die stem van Sarai geluister. En Sarai, die vrou van Abram, het Hagar, haar slavin, die Egiptiese, geneem nadat Abram tien jaar lank in die land Kanaän gewoon het, en haar aan haar man Abram gegee om sy vrou te wees.
Lees Genesis 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 16:1-3
7 Dae
Jy kan rou smart nie soos ’n been spalk of salf daaraan smeer nie. God se genesende sorg is egter tot jou beskikking. Kom saam met Clarissa Moll op ’n reis deur jou hartseer – en ontdek die liefdevolle teenwoordigheid van Christus wat jou nooit verlaat nie. Hoewel hierdie leesplan nie jou diepste smart kan genees nie, sal die inhoud jou versterk en jou gefokus hou terwyl jy deur jou verlies werk.
8 dae
Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's