Openbaring 5:8-10

Openbaring 5:8-10 AFR20

Toe Hy die boekrol neem, het die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neergeval. Elkeen het 'n lier en 'n goue bak vol reukwerk, wat die gebede van die •heiliges is, vasgehou. Toe sing hulle 'n nuwe lied: “U is waardig om die boekrol te neem, en die seëls daarvan oop te breek, omdat U geslag is, en met u bloed mense vir God gekoop het, uit elke geslag en taal en volk en nasie. U het hulle 'n koninkryk en priesters vir ons God gemaak, en hulle sal as konings oor die aarde heers. ”

Video vir Openbaring 5:8-10