Markus 14:26-31

Markus 14:26-31 AFR20

Nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle na die Olyfberg vertrek. Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal almal afvallig raak, want daar staan geskryf: “ ‘Ek sal die herder neervel, en die skape sal uitmekaar gejaag word.’ “Maar nadat Ek opgewek is, sal Ek voor julle uit gaan na Galilea.” •Petrus sê daarop vir Hom: “Selfs al sal almal struikel, ek sal nie.” Jesus antwoord hom: “•Amen, Ek sê vir jou: Jy sal vandag, vannag nog, voor die haan twee maal kraai, My drie maal verloën.” Maar Petrus het uitdruklik gesê: “Selfs al moet ek saam met U sterf, ek sal U beslis nie verloën nie!” Almal het dieselfde gesê.